Renosters By Die Taipei Dieretuin

Renosters

Ek het vanmiddag gou ‘n draai gaan gooi by die Taipei Dieretuin (meer hieroor later).

Hierdie dieretuin is een van die min plekke waar jy baie naby aan die diere kan kom.  Dis regtig ‘n wonderlike ervaring!

Ek pluk toe my getroue ou iPhonetjie uit (die 5 het natuurlik gister in Taiwan aangekom en dis ‘n fenominale speelding :: dun, lig en net eenvoudig pragtig!) en neem toe twee videos.  Drie meter nader en ek kon aan die renosters vat.  Sonder om nou emosioneel of foefie te raak oor die hele storie :: toe ek hierdie rustige ou reus verby my sien stap kon ek nie help om te dink hoe op aarde dit moontlik is om so ‘n pragtige ou dier te wil vernietig vir so klein stukkie horing nie.  Erens in my binneste is ‘n hartsnaar geroer…😦

Hier is die twee videos.  Geniet! (SKUUS JULLE, DIE TWEE LINKS NIE OP DIE OOMBLIK BESKIKBAAR NIE, SAL DIT HERLAAI SO GOU MOONTLIK)

YouTube Video 1 ::

YouTube Video 2 ::