Wat Hierdie Spul Nie Sal Doen Vir ‘n “Free Sample” Nie…

photo 2 copy 2

Ek was nou die dag in Costco en ek het nog nooit soveel stalletjies gesien waar hulle die mense lok om produkte te koop nie.

Om (amper) elke hoek en draai kan jy ‘n slukkie vrugtesap geniet of ‘n happie van die dag se specials proe.  Ek weet regtig nie wat hier aan die gang was nie, maar dit was nodeloos om te sê lekker genoeg (vir die mensies in die foto) om in ‘n ry van 20 mense te gaan staan en wag.

Dis natuurlik vir my absoluut absurd.  As ek in ENIGE plek ‘n tou van meer as 5 mense sien, dan loop ek gewoonlik.  Nie in Taiwan nie.  Vir 7 sekondes se (gratis) genot op die lippe, is meeste mense bereid om te wag…