Oulike Speelding Raakgeloop Hierdie Naweek…

photo 1 copy

Slaan my nou met ‘n pap snoek maar ek weet nie wat is ‘n “instant” kamera in Afrikaans nie.  Elkgeval, glo dit of nie, hier in Taiwan (waar elke oomblik op kamera MOET vasgelê word, van jou aandete tot jouself op die moltrein) was hierdie ontdekking nogal oulik🙂

FujiFilm maak steeds instant kameras.  Ek is mal oor sulke (skuus, hier gaan gaan ons alweer met die Engels) vintage speelgoed.  Probleem met hierdie speelding is dat die fototjie wat die kamera vir jou druk die oomblik wat jy die foto neem aansienlik kleiner is as die van jare gelede.

Die ander probleem wat so tipe produk in die gesig staar hier in Taiwan is die feit dat mense al hul fotos so gou as moontlik op Facebook en Pinterest wil laai.  …een van die redes waarom Samsung se nuwe Galaxy kamera so goed begin doen, aangesien jy via internet direk van die kamera af fotos na Facebook, Twitter en die res kan oplaai.

Hierdie produk is dus net vir daardie spesiale oomblikke om die kampvuur of op die strand om daardie fotos na die tyd in ‘n spesiale album te gaan druk, vir bietjie nostalgie…