Ek Is Nou Bietjie Moeg Vir Reën…

reen

 

*enorme sug*…… Ons het verlede Sondag laas blou gesien. Woensdagoggend het ons vir ‘n halfuur ‘n paar sonstraaltjies gehad wat regtig hul bes gedoen het om ‘n glimlag op ons gesigte te sit, net voordat ‘n dik, donker wolkombers weer oor die stad getrek het.

Ek dink nie dis moontlik om aan enige Suid-Afrikaner te verduidelik dat dit moontlik is om die hele dag na gietende reën te kyk nie, al bly jy in Kaapstad.

Op die oomblik is dit 19h21 hier en die reën het nog nie opgehou vandag nie.  Maak nie ‘n fout nie, ek waardeer en geniet die reën, maar alles is net gedurig nat en bedompig.

Gelukkig is dit dae soos hierdie dat tegnologie en koffie ons tuis kan vermaak🙂