Die Wintertjie Is Nou Hier…

Gelukkig is dit nie een graad soos in Suid Korea nie, maar ons het vanmiddag, volgens my foontjie, gaan draai by 15.

Gisteraand het dit so 11 uur weer begin reën, en nog die hele dag onophoudelik: nie een keer wat ek vandag buite was het dit nie gereën nie. Die ergste is hierdie snerpende, yskoue Kaapse wind wat dwarsdeur jou kleure sny, jou parka se kappie oor jou kop rondgooi soos ‘n windkous by ‘n lughawe en daai koue druppels.

…vandag het ek gewens vir bietjie son🙂