Redes Om Bos Te Gaan In Taiwan…

Taipei is bekend daarvoor dat hulle “groot” gaan met enige geleentheid. Meeste van hierdie goed is geleen by die Weste, soos Valenteinsdag, Halloween, Kersfees ens.

Vanjaar se Halloween was geen uitsondering nie. Die winkels wat kostuums verkoop het uit hulle nate gebars en is oorstroom deur die publiek wat die eienaardigste kostuums wou hê vir die tonne partytjies wat regoor die stad gehou is.

In Suid-Afrika is ons nog nie so ernstig oor Halloween nie. Miskien in die stede.

Vir ons skool se aktiwiteite MOES ons natuurlik kostuum aantrek. Oh joy.

Die volgende som my situasie op:

Ek op Halloween vanjaar:

Die Taiwanese bevolking: