Lang Dag


Hierdie is ‘n redelike algemene gesig op die moltreine en busse. Mense werk regtig lang ure in hierdie stad en oppad huistoe sit baie van hulle op die treine en slaap. Nie regtig ‘n probleem nie aangesien die kanse dat jy gaan wakker word sonder jou besittings feitlik nul is in Taiwan.
Die treine is nie die enigste plekke nie. Na 9 in die aand is dit net so algemeen om mense op hulle arms te sien lê en slaap in ‘n 7-Eleven by die eetbankies😀