Welkom ;)


Welkom by my nuwe blog! Dis heerlik om iets af te stof en dit nuwe kleur en geur te gee! Ek belowe om ‘n minimum van een keer per week te pos, MINIMUM.
Soos julle sal sien is al die vorige posts op 27 Oktober bygevoeg. Ongelukkig het WordPress se funksie om die Tumblr blog te import nie gewerk nie so ek moes alles weer self hier kom pos.
Geniet dit en asseblief moenie enige iets hier te ernstig opneem nie. Humor met ‘n sprinkel sarkasme is een van die dinge wat die lewe makliker maak in Taiwan. Glo my, ek werk te hard om ‘n ernstige blog te hê! Ek kom na hierdie blog toe om te ontspan, “af te skakel” en dit te geniet. Ek hoop jy doen dieselfde!😉