‘The Foreigner”


Maak nie saak hoeveel buitelanders hier in Taiwan is nie, jy bly ‘n “object of fascination” vir die skare. Ek is mal daaroor om mense in die publiek dop te hou: jy kan mos sien as iemand partkeer net ‘n biiiietjie te lank na jou kyk.
Die beste voorbeeld is wanneer ek na die haarkapper toe gaan. Ek het toe uiteindelik oorkant die straat ‘n trendy plek gevind met ‘n vrou wat my hare reg kan sny nadat ek die eerste twee keer dieselfde foto vir haar gewys het. Dis nou nie meer nodig nie, sy weet presies wat om te doen🙂
…maar elke keer as ek daar instap dan giggel almal wat daar werk (alhoewel hulle my nou al ken teen die tyd).
Die belangrikste ding om te onthou is dat dit nie negatief is nie. Hulle is regtig net geïnteresseerd. Een kalant wat daar werk staan altyd by ons en hy staan net daar en glimlag (creepy) en sê nou en dan iets vir die vroutjie wat my hare sny. Hy verdwyn dan vir so 2 minute en kom dan weer terug. Hy het al twee keer vir my sy Samsung gewys en wou die eenkeer weet waar ek vandaan kom. Gelukkig het sy foon vertaling op en ek tik toe “South Africa” in want sien, as jy wit is dan kom jy mos by default van Amerika af. Ek verpes dit as mense dink ek is ‘n Amerikaner! Meeste (ja, nie almal nie, maar meeste) Amerikaners hier in Taiwan is baie wise en vol van hulself met so regte arrogante houding.
Ek het aspris die foto van die organ grinder monkey hier geplaas want dis partykeer hoe jy voel in die salon :: almal staan en bekyk jou en ek wag vir iemand om my kop te vryf, maar die belangrikste ding om te onthou is dat hulle dit regtig nie negatief of neerhalend bedoel nie.
Een ding wat dit natuurlik ook makliker maak is as iemand na jou woonstel moet kom om iets te installeer of reg te maak. Ek sê dan altyd vir die Chinese staf by ons tak wat die ou bel dat ek onder by die Family Mart sal wag en “tell him I’m the foreigner”. Die enigste rede hiervoor is om te verhoed dat hy my probeer bel, want ek sal nie met hom Chinees kan praat nie en dis nodeloos om te sê net 20 keer makliker om te weet tussen 30 Chinese soek jy die wit ou😀