Yilan


Die hele area se kindertuin was vandag na Yilan vir ‘n uittog saam met die ouers. Ek moes natuurlik weer voor die kinders en ouers op die bus ‘n aanbieding in Engels doen en die kiddies betrek (basies om vir die ouers te wys hulle kry waarde vir hulle geld).
Die kinders was nie een ouer as 5 nie maar hulle Engels is baie goed en die ouers het dit geniet.
By Yilan is ‘n “Cultural Center” en daar is mooi goedjies maar as jy eenkeer deurgestap het is dit genoeg. Hulle het baie mooi kunswerke en handgemaakte goed daar te koop, regtig baie mooi. Rede vir die foto van die pad was net om te wys hoe baie die hele area na die Kaap lyk :: omtrent die hele Yilan lyk soos Somerset Wes.
O ja, die groot foto van die kos op die tafel was middagete. Regs onder is gestoomde bamboesstukke :: glad nie sleg nie, heerlik! Links daarvan was ‘n visgereg waarvan ek net een stukkie geneem het want dit het gelyk of dit gis. Bo die bamboes was stukke salm met soeterige mayonaise, net so lekker! Bo die salm was, um, ek weet nou nog nie lekker wat nie. Ons Westerlinge het daarna verwys as die “meat cake” en dit het so suuuuur smakie gehad. Ek het ook net een happie geneem😦
Ek kan mos nie sonder my koffie nie en het natuurlik na ‘n uur en ‘n half busrit verby die badkamers gestap, reguit na Starbucks toe en gou ‘n koffie gaan pakgee.