Verkeersligte


Hierdie is baie, baie oulik. Elke robot in Taipei het elektronies bordjies wat aandui hoeveel tyd jy het om die straat oor te steek. Party strate gee jou langer as ander. Hoe minder die tyd raak hoe vinniger loop die elektroniese mannetjie (dis ‘n animasie).
Die robotte hier is dwars en het, terwyl hulle rooi is, ook ‘n bordjie wat aftel hoe lank jy nog moet wag voordat die lig gaan oorslaan na groen. Ek dink dis baie oulik want dit maak die mense bietjie meer geduldig😀
…ek dink natuurlik steeds nie hierdie sisteem sal in Suid-Afrika werk nie…