Suiwel is Onmenslik Duur Hier


Ek het vandag op hierdie foto afgekom en ek dink dit beskryf die situasie in Taiwan.
Meeste (ek dink amper alle) melk in Taiwan word ingevoer vanaf Australië, Japan en nog ‘n paar plekke :: melk is baie, baie duur hier. ‘n 2L melk kos amper R35.
Varke is natuurlik volop – en ek praat nou nie van die mense wie spoeg in die strate en die busbestuurders wat oor die interkomsisteem op die bus burp nie.