So Klein Ou Ongelukkie…


Ek stap verlede Saterdag na ‘n opleidingsessie toe en hoor ewe skielik ‘n lekker harde slag. Sien toe vir Taiwanees se kind van sy skoeter afval (ek het dit sien gebeur, glo my hy is net gestamp toe die Nissan om die draai gegaan het, hy is nie 240km/uur getref). Bygesê dit maak dit nie beter nie, ek het simpatie met die man. So iets is glad nie lekker nie, nie teen enige spoed nie.
Die insittendes van die Nissan klim toe uit en staan hom by. Ek lei af hy het sy skouer seergemaak.
Nou kyk, as jy sien hoe hierdie mense ry in hierdie strate dan is dit ‘n wonderwerk dat daar nie MEER ongelukke is nie. Hierdie skoeters ry regtig soos hulle agterstewe en sny voor busse en motors in.