“Simple Market”… pragtige plek vir ‘n Sondagoggend!


Hier volg tonne fotos (geen orde, lekker deurmekaar!) van ‘n mark wat ek onlangs besoek het. Die mark se naam is Simple Market en is net op Sondae oop.
Dis ‘n boeremark en kunsmark. Die mark word aangebied in ‘n gebied wat oorspronklik ontwikkel is as behuising vir soldate baie jare gelede maar a.g.v. hul historiese waarde en die enorme ontwikkeling in die omgewing is besluit om dit nie af te breek nie.
Instede is dit ingerig as ‘n museum en mark. Die mark is ook ‘n plek waar fotografie uitstallings gehou word en nuwe musikante ‘n beurt kry om hul staal te wys :: in terme van musikante praat ons nou hier van die Laurika Rauchs en Koos Kombuise, nie Metallica nie🙂
…al die produkte wat verkoop en vervaardig word is NET organies. Daar is tot ‘n plek waar jy kan gaan sit en die heerlikste, gesondste kos kan bestel en eet.
Hierdie mark is asemrowend mooi en is ‘n heelike plek om by te ontspan op ‘n Sondag :: jy kan net vir jou ‘n varsgemaakte, organiese vrugtesap gaan koop, op die gras gaan sit en ‘n boek lees onder een van die enorme bome. Baie gesinne kom hierheen.
…laat my baie dink aan Irene🙂