Shilin Mark


En hier is my fotos van die Shilin Mark uiteindelik!
Nou ja, die mark is die grootste nagmark in Taipei en ek dink in Taiwan. Die mark is elke aand aan die gang vanaf omtrent so 6nm tot 3vm die volgende oggend. Hier is snaaks genoeg elke aand van die week duisende mense!
Ongelukkig kan ek nie fotos neem van elke liewe stalletjie nie, maar asseblief weet hierdie mark is absoluut ENORM!!! Jy loop honderde meters deur kronkelende strate :: gelukkig as jy nou al so drie keer daar was is dit nie te groot storie nie, jy leer die plek ken🙂
Nou ja, hier is alles onder die son :: honderde verskillende kos-stalletjies, ordentlike winkels en klein winkeltjies en stalletjies wat kaggel****ies verkoop, soos by enige mark.
Dis regtig ‘n onderving om hierheen te kom. Die probleem is net dat jy so eenkeer ‘n maand moet gaan want jy sal baie vinnig uitgekuier raak daar! Al die klere en goodies is nie te duur nie, jy kan tot onderhandel (as hulle met jou kan Engels praat natuurlik).
Op die spyskaart is mielies, kwarteleiers op ‘n stokkie (ek het dit geëet, dis heerlik!), hoenderpote (ja, hulle het dit ook hier en nee ek het DIT nie geëet nie) en klein seekatte. Die res van die kos is hanteerbaar🙂
Gaan lees gerus onderaan van die fotos waar ek nog kommentaar gelewer het :: ongelukkig kan jy baie min kommentaar by die fotos self pos, dis hoekom dit so kort en kragtig is, jammer daaroor!😉
Dankie dat julle lees en geniet!😉