Publieke Gesondheid


Onthou julle ek het gesê dat as jy wil hê mense moet van jou padgee in die ondergrondse treine moet jy net begin hoes? Na die SARS pandemie (die een in Asia, nie die een wat net soveel skade aanrig in Suid Afrika nie😀 ) dra die hele bevolking maskerkies as hulle verkoue of griep kry. Dis, sovêr ek weet, wet in die land op die treine om masker te dra as jy proes, dis nie net ‘n vriendelike voorstel nie🙂