‘n Week van Frustrasie!


Kyk nou net hoe oulik maak my ingenieur die masjientjie reg!
Klink my as die masjien klaar gewas het moet jy glo drie minute wag :: omtrent elke Taiwanees het dit nou al vir my gesê. Hierdie Boer laat nie op hom wag nie en ek trek die ou handvatseltjie toe nou so biiiietjie harder as wat ek moet en daar breek die ding.
Iedergeval, my klere is toe nou na amper twee weke gered uit die masjien. Ek sit op die oomblik en kyk vir die ou terwyl hy nog werk :: bietjie creepy maar dit vebreek die ongemaklike stilte in my kop want ons het nie ‘n woord om vir mekaar te sê nie!😀