‘n Baie Algemene Gesig Op Die Moltreine


Woensdagaand was ek oppad huistoe en neem toe hierdie foto. Die treine was stampvol en een van die dinge waarmee jy 85% van mense op die treine mee sien peuter is elektroniese speelgoed. Hier is iPhone baas. Hier en daar is ‘n HTC, Sony en Samsung. En moenie vergeet van iPads nie. Een van die redes is omdat tegnologie relatief goedkoop is in Taiwan en amper almal kan dit bekostig, en as jy elke dag op hierdie vervelige trein moet sit is ‘n bietjie musiek, ‘n video of ‘n speletjie (die Taiwanese is MAL oor selfoonspeletjies en volwassenes geniet dit meer as kinders) net die regte tydverdryf tot jy by jou stasie aanland.
Links van my op die gepakte trein was nog 3 mense met slimfone en oorfone. Probleem is net dat dit steelfotos moet wees want ek is nie lus om gearreseer te word op die moltrein nie🙂