Lugbesoedeling


Jislaaik mense, lugbesoedeling is nie ‘n grap hier nie. Maak nie ‘n fout nie, dis 20 keer beter as in Hong Kong en die New Delhi, maar jy sal nie glo hoeveel van die uitlaatgasse se neerslae hoop op in jou woonstel nie.
As ek ‘n lap vat en my kaste afvee is die lap feitlik pikswart. In my badkamer by die wasbak is daar hier en daar swart neerslae (nou was dan jou badkamer meer gereeld :: ja ja ja, ek weet😀 )
Ongelukkig kan ek nie my venster van buite af bykom om dit skoon te maak met ‘n lap nie. Wel, ek sal kan, maar net gedeeltelik en dit gaan walglik lyk en nee, hier is glad nie ‘n omie met een van daardie oulike ‘scaffolding’ soos in die films wat kom skoonmaak eenkeer ‘n maand nie.
Ek het toe besluit om hierdie twee fototjies te neem. Nou oraait, dis ‘n kombinasie van stof en (ek noem dit maar uitlaatgasse want soos ek hier sit en tik kan ek nie onmiddellik aan die korrekte wetenskaplike terme dink nie, vergewe my🙂 …en om te dink hierdie goodies beland in jou longe.
Gedurende die dag maak ek maar my venster toe deesdae.