Jianguo Blommemark


Ek was vandag by die Jianguo Blommemark :: dis die grootste blommemark in Taipei en is net oop op Saterdae en Sondae. Dis ‘n asemrowende paradys vir almal met groen vingers! (dis die volgende twee blokke fotos)
Hier is alle denkbare plante onder die son. Die mark is onder ‘n hoofweg en net die eerste deel waar ek was is omtrent 500m lank! Die plante is spotgoedkoop en daar word ook verskeie produkte in verband met tuinmaak verkoop.
Julle sal sien ek het ‘n paar fotos geneem van so bietjie kitsch produkte wat ook daar verkoop word waarmee ek nie dood in my woonstel aangetref wil word nie.
Dis ongelukkig net nie moontlik om alles af te neem nie, maar hier is derduisende plante en blomme. Ek het tot Sonneblomme gesien en wil vir my volgende naweek gaan koop.
Varsprodukte word ook hier verkoop, so dis ‘n tipe van ‘n boeremark ook. Dis ‘n uitstappie vir die hele gesin (soos julle in die fotos sal sien, sluit dit honde in)
Ek het die pragtigste blomme gekoop en geplant :: nou is daar bietjie kleur buite my venster! ….nota op 27 Oktober 2012: daardie pragtige plantjies buite my venster het net ‘n maand gehou😦