Inkopiesentrums in Taipei


Meeste inkopiesentrums in Taipei is baie duur met “brand name” winkels waar jy glad nie kan koop nie want dit is eenvoudig net te duur.
Die malls hier is nie soos Brooklyn mall waar jy iets van alles het nie :: die oorgrote meerderheid van produkte in Taiwanese malls is klere, handsakke, skoene en tientalle ander “accessories” .
Al wat ek gewoonlik by ‘n inkopiesentrum doen is om rond te loop en iets te gaan drink en meeste van die tyd gaan ek nooit weer soontoe nie want dit is ‘n mors van tyd.
Ek ontdek nou die dag ‘n sentrum naby my, maar die enigste name daar is o.a. Dior, Versace, Starbucks (die ENIGSTE winkel waar ek iets kan koop), en vele ander. Die kommenste winkel daar is Sony!
Taipei 101 is natuurlik die heel duurste mall (www.taipei-101.com.tw) :: al die modehuise op die planeet het winkels daar. As jy DAAR instap draai jy sommer vir ons onmiddellik regs na die roltrappe en stap na die restaurante, want DAAR koop jy nie tensy jou van Trump of Onassis is nie.
Nee mensdom ek mis Menlyn en Brooklyn Mall!!!