Iets wat net ‘n Westerling kan bied :D


Hierdie wou ek gou plaas voordat ek vergeet :: Taiwanese mans het nie armhare nie. Vir die volwassenes is dit niks nuut nie, maar vir kinders is ons Westerlinge se armhare ‘n absolute aardigheid!
Ek dink dit het nou al drie keer met my gebeur dat ‘n kind by die skool óf met ‘n potlood óf met hul vingers net, sonder dat jy daarvan bewus was dat hulle dit gaan doen, net begin om hul vingers oor jou arm te streel en dit word gevolg deur ‘n enorme glimlag op hulle gesigte😀
Hulle het dit vir ons genoem gedurende opleiding en mens dink nie regtig daaraan totdat een van hulle dit doen nie. Dis gewoonlik net die kids jonger as 10 jaar oud vir wie dit snaaks is :: die ander is dit al gewoond🙂