Hierdie Was ‘n Lang, Bedompige en Vuurwarm Somer!


Soos julle kan sien was dit een aandjie in September teen 11 uur die aand steeds 31 grade!
Ek het nie ‘n probleem met hitte nie, solank dit “droog” is, maar hierdie 90% humiditeit maak alles net erger. Neem Umhlanga en maal dit met so 3.5 en jy sit in Taipei. Nodeloos om te sê my aircon het kole gegooi.