Hier Spoel Jy Nie Toiletpapier Weg Nie

Hierdie wil ek net gou agter die rug kry :: in Taiwan (wel, in Taipei, maar ek glo die res van die land ook *?* ), word jy vriendelik versoek om nie jou (gebruikte) toiletpapier weg te spoel nie. Dis glo ‘n feit dat die rioolsisteem in die stad verouderd is en a.g.v. daarvan is daar baie verstoppings.
In hotelle, restaurante en ENIGE denkbare publieke plek is dit ‘n ongeskrewe dog “set in stone” reël dat jy jou toiletpapier NIE mag wegspoel nie: jy gooi dit netjies in die vullisdrom langs die toilet. Die vullishouers het almal darem ‘n plastieksakkie in en die mense wie dit kom skoonmaak gebruik so lang tang om nou die spulletjie bymekaar te maak😦

Wat nie vir my sin maak nie (ek gaan nou grafies raak) is dat dit wat eerste weggespoel word groter is as die toietpapier. Ek dink dit het te doen met die opbreuk van die materiaal as dit eers in die pype is.

Om op te som: ek het NOG NOOIT gebruik gemaak van die vullisdrommetjie nie. Ek sal uit pure ordentlikheid die toiletpapier tweede wegspoel, maar in my woonstel word ALLES weggespoel. Nee ga man, dink jou in watse onaangenaamheid gaan dit nie afgee nie!
My argument, en dis miskien ‘n bietjie selfsugtig, is dat in my gebou meeste mense Sjinese is. Hulle voldoen defnitief aan die vereiste, so my nederige (ekstra) bydrae tot die pype gaan regtig nie ‘n verskil maak nie🙂