Heerlike Tee!

Mense, moenie vir HIERDIE spyskaart gril nie. Ek weet, ek weet, ek weet, dit lyk eienaardig, maar dis van die lekkerste drankies wat ek nog in my lewe gedrink het. Van hulle is warm, sommige koud. Ek het vandag die Almond Tea with Brown Sugar gedrink :: warm drankie en ek kan nie verduidelik hoe lekker dit is nie!
Die Sjinese is mal oor hulle tee en hierdie tipe winkeltjies sal jy om elke hoek en draai kry. Deel die pryse deur 3,9 en jy kom by Rand uit.