Gesonder Opsies (Dog Duurder)


‘n Heelike gesondheidswinkel wat ek ontdek het by die Taipei 101 inkopiesentrum!
Aan linkerkant is ‘n kiwi- en pynappelsap en regs is ‘n vitamien B1 & B2 sap. As ek dit kon bekostig sou ek elke dag net hierdie sappe gedrink het en die res van die gesondheidskosse geëet het😀
Gelukkig is die mall baie baie vêr van my af en kan ek dit net oor naweke koop (sou ek natuurlik die lus en krag hê om te gaan want dis nou nogal ‘n uittog na die sentrum, wat dalk ‘n goeie ding is!)