Cheap Cheap!


Hierdie is nou nogal interessant :: (regs kliek en kies ‘open in new tab’ sodat jy groter beeld kan kry)
Gister onthou ek vir die eerste keer in amper ‘n maand en ‘n half dat ek ‘n posbus het. Loop, krap rond, kom op baie gemorspos van die vorige vroutjie af, asook ‘n water en ligte rekening.
Skrik toe so klein bietjie want ek weet nie wanneer dit gestuur is nie, maar niks is sovêr afgesny in die woonstel nie🙂
Een van die grootste probleme was dat ek glad nie ‘n idee gehad het hoeveel water en elektrisiteit hier kos nie, so in my eerste maand hier was ek maar versigtig.
Ek het laer wattage gloeilampe gaan koop vir die sitkamer want die gang en badkamer was reeds toegerus met 27W gloeilampe, wat al redelik baie is en die probleem is dat mens nie vir daardie spesifieke gloeilampe in die badkamer en gang met ‘n laer wattage kry nie.
Lang storie kort: ek was spaarsamig met die ligte, hulle was glad nie aan deur die dag nie en dan het ek op die enorme ‘flat screen’ ook net televisie gekyk as ek verveelt was :: so my verbruik was identies aan die van Suid Afrika. In terme van water het ek baie dae twee keer per dag gestort.
My elektrisiteit is die bedrag van NT$ 12 ( omtrent R3,07) en my water is NT$ 133 ( omtrent R34 ).
My totaal is dus R37 vir die maand, en soos ek gesê het, ek het nie drasties gespaar en gesny nie maar ook nie gemors nie.
Praat van ‘n bargain! O ja, die ander gemak is dat ek dit vinnig by die Family Mart hier onder om die draai kan gaan betaal😉