Busbestuurders


Busbestuurders is ‘n ander spesie in Taiwan. Hulle word ‘n uitstekende salaris betaal.
Een probleem :: meeste van hulle ry soos hulle sterte en burp en eet oor die interkomsisteem op die bus. Die interkomsisteem is daar sodat hy kan sê wat die naam van die volgende bushalte is (daar is natuurlik op AL die busse ‘n stem wat in Sjinees en Engels die naam van die volgende halte aankondig) maar somtyds voel sommige van die bestuurders hulle wil ook ‘n woordjie inkry.
Die oorgrote meerderheid is ouerig, maar baie van hulle is ook jonk.
Die probleem is dat die mikrofoon hier naby hulle monde (of hulle nou kies om te praat of nie) altyd aangeskakel is. Vanoggend weer het een sit en grondboontjies kou en hulle burp sonder om jammer te sê of om gesig weg te draai vir daardie 2 sekondes!

Die sisteem op die bus is baie oulik :: net soos by die moltreine kan jy jou metrokaart gebruik en dit teen die paneeltjie hou wat die NT$15 aftrek of jy deponeer jou NT$15 kontant in die bussie. Dis so R4 ‘n rit :: maak nie saak waar jy opklim en dan afklim nie, die prys is NT$15.