Taiwanese family sedan of choice

Hierdie is ‘n baie snaakse gesig :: partykeer sien jy gesinne van 4 op so skoetertjie. Driekwart van die tyd staan die kids voor by die stuurwiel (…jip, daar is een op die skoeter op die foto). Ek het al honde ook daar sien sit🙂 Skoeters is van die gewildste en maklikste maniere van vervoer in Taiwan. In die stede is daar letterlik duisende van hulle. Die sypaadjies is vol parkeer van die goed. Ek,…… gaan nie ‘n skoeter koop nie want die verkeer is chaos!