Spyskaarte

Ons het so twee weke gelede na die Shilin nagmark toe gegaan. Dis ‘n enorme mark met honderde winkels, etlike honderde meters. Probleem is dat dit nie een lang straat is nie, dis ‘n enorme gekronkel en omtrent 89% van toeriste verdwaal daar😀 …ek sal later meer oor die nagmark plaas :: ek wil die naweek weer probeer gaan. Hierdie was by een van die vele restaurante waar die spyskaarte ook in Engels beskikbaar was. Baie min restaurante het Engels, dis maar beperk tot die toeriste ‘hot spots’. Plekke soos KFC, McDonalds en al die ketting manne het almal Engels op.